Munisipaliteit herstel pompstasie in Ellisras ná druk deur AfriForum


Die Lephalale Plaaslike Munisipaliteit het op 28 Julie 2017 begin om rioolprobleme in Ellisras op te los deur ’n foutiewe pompstasie wat groot rioolstortings in die Mokolorivier veroorsaak, te herstel.
Dít volg nadat die burgerregtewaghond die vorige dag emmers vol onverwerkte riool by die munisipaliteit afgelewer het as deel van ’n bewusmakingsprojek oor die voortslepende rioolprobleme op dié dorp.

“Dit is hoog tyd dat die munisipaliteit aandag aan die rioolwerke in dié dorp gee, omdat dit al vir te lank afgeskeep word,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.
“AfriForum sal aanhou druk toepas en saam met die munisipaliteit werk om die probleem op te los,” sê Chris Boshoff, koördineerder van omgewingsake by AfriForum.

Soortgelyke plasings