| |

AfriForum se Benoni-tak skenk gesigmaskers aan Laerskool Northmead

Die Laerskool Northmead in Benoni het onlangs ’n kospakkieprojek vir behoeftige kinders in die skool van stapel gestuur. Daarom het AfriForum se Benoni-tak besluit om op 21 April 60 gesigmaskers aan die skool se personeel te skenk. Die maskers sal help om hulle teen COVID-19 te beskerm terwyl hulle kospakkies ontvang en uitdeel.

Dít volg nadat die burgerregteorganisasie die afgelope twee weke ’n nasionale projek van stapel gestuur het waartydens 15 000 bottels handreiniger aan verskeie polisiestasies, nooddienste en ouetehuise geskenk is. AfriForum het op 15 April ’n verdere 4 000 bottels handreiniger en 3 200 gesigmaskers na sy 53 takke in die noordstreek versprei om gemeenskappe te ondersteun.

“Dit is belangrik dat ons hande vat met instellings soos skole wat graag tydens die inperking die nood in hul gemeenskappe wil help verlig en daardeur kan ons ook die gemeenskap ondersteun,” sê Stephanus (Butch) Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om die organisasie se Facebook-blad gereeld te besoek om die nuutste inligting oor die staat van inperking en COVID-19 te kry.

Raak vandag nog by AfriForum se Benoni-tak betrokke en wees deel van die verskil: SMS jou naam na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings