|

AfriForum se Coligny-tak maak middelmanne in straat skoon

Die AfriForum-tak in Coligny het op 25 Augustus 2022 in samewerking met The Coligny Community Cleaning Team, Voortrekkerstraat in Coligny ingevaar, die middelmanne begin skoonmaak en die sand met bakstene en beton vervang. Dié tak beoog om al die middelmanne in die straat op hierdie manier oor te doen en die straat skoon te hou.

“Dit is tyd dat ons begin om na die instandhouding van ons paaie om te sien en om trots op ons dorpe te wees. Daarom het die Coligny-gemeenskap met selfdoenprojekte begin. Die gemeenskap begin self verantwoordelikheid te neem, omdat die munisipaliteit nie oor die vermoë beskik nie,” sê Armand Viljoen, distrikskoördineerder vir Marico.

AfriForum se Coligny-tak wil graag Amalia Legote en haar span, The Coligny Community Cleaning Team, asook Ansie Cloete en Elize van Scharrel, bestuurslede van AfriForum se Coligny-tak bedank.

Word vandag nog deel van die oplossing en sluit by AfriForum se Coligny-tak aan: SMS “Coligny” na 45344 (R1) of skakel vir Tewie Pieterse by 078 611 2214.

Soortgelyke plasings