|

AfriForum se De Doorns-tak reorganiseer

Die AfriForum-tak in De Doorns het op 6 September tydens ’n gemeenskapsvergadering nuwe bestuurslede verkies. AfriForum-lede wat die vergadering bygewoon het, het lede vanuit die gemeenskap genomineer om op die bestuur te dien en die nominasies is aanvaar.

Die bestuur  bestaan uit Charl de Goede (voorsitter en gemeenskapsveiligheid), Francois Fouché (ondervoorsitter), Sonja Greyling (sekretaris), André Greyling (tesourier) en Sakkie Joubert (omgewingsake).

“Dis altyd lekker om te sien hoe gemeenskaplede bereid is om hul tyd en energie af te staan om ’n verskil in hul gemeenskap te maak. Ons is dankbaar vir die vorige bestuur se harde werk en alles wat hul bereik het en ons sien baie uit daarna om die uitdagings saam met die nuwe bestuur aan te pak,” sê Jacques Benade, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

“Die tak wil graag daarop fokus om die gemeenskap te betrek en gaan onder meer daarop fokus om samewerking met plaaslike owerhede en rolspelers te bevorder. Hulle gaan ook self moue oprol in ’n poging om probleme uit die weg te ruim. Gemeenskapsveiligheid sal een van die belangrikste fokusareas van die tak wees,” sê Benade.

Die tak moedig gemeenskapslede aan om by hul naaste AfriForum-tak betrokke te raak om ’n daadwerklike verskil in hul gemeenskap te maak: Klik hier om aan te sluit.

Soortgelyke plasings