AfriForum rol moue op in Piet Retief

AfriForum se Piet Retief-tak en -buurtwag het op 7 Maart 2020 ’n slaggatprojek in dié dorp afgeskop.

Tak- en buurtwaglede, gemeenskapslede en plaaslike ondernemings het ingespring om slaggate in die volgende strate met gruis op te vul: August Westhoff, Kort, W End, Botha, Engelbrecht, Deborah, Van Dyk, Olmesdahl, Mark, Anema, Meyer, De Jager, Theo Mocke, Pretorius, Draad, Mac, Smit, Tosen, Van Onselen en Schwartz.

“Ons wil die gemeenskap aanmoedig om by dié projek betrokke te raak, ons by te staan en hulp te verleen waar hulle kan,” sê Willem Grobler, ondervoorsitter van AfriForum se Piet Retief-tak.

Die tak bedank ook vir Charmaine en Jan Janssens vir die water en koeldrank, Rolf Towing, Assegaai Bande en ’n anonieme skenking van 25 ton gruis ter waarde van R9 000.

Die opgevulde gate sal binnekort geseël word en sodra daar genoeg gruis beskikbaar is sal die tak nóg slaggate in die dorp opvul.

Raak by AfriForum se Piet Retief-tak betrokke: SMS “Piet Retief” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings