|

AfriForum se Groblersdal-tak bemagtig jeug

AfriForum se Groblersdal-tak het op 13 en 14 Januarie ’n leierskapontwikkelingskursus by die CVO Gromar Landbou Akademie aan die nuut verkose gr. 7-leiers van die CVO Gromar Landbou Akademie en die CVO Marmer Skool aangebied.

In dié kursus is konflikhantering, probleemoplossing, kommunikasievaardighede, en noodhulp bespreek. Die tema “Elkeen is ’n leier”, leierskapseienskappe en leierskapstyle is ook behandel. Tydens hierdie twee dae het die leerders aan spanbou-aktiwiteite deelgeneem en meer oor leierskapvaardighede geleer.

“Dit is belangrik om van ’n jong ouderdom af jou waarde te verstaan, daarom het ons die inisiatief geneem om hierdie kursus aan te bied. Om jong leiers met die nodige vaardighede te bemagtig om hulle taak makliker te maak,” sê Magdel Jansen van Vuuren, distrikskoördineerder vir Limpopo.

Raak vandag nog by AfriForum se Groblersdal-tak betrokke: SMS jou naam na 45340 (R1) en maak op dié manier ’n positiewe verskil.

Soortgelyke plasings