|

AfriForum se Groter Moot-buurtspan skrik nie vir werk

AfriForum se Groter Moot-buurtspan het in Junie 156 manure op die bossiekappers en 132 manure met kettingsae spandeer om die Moot skoon en netjies te kry.

Dit is egter nie al vir Junie nie.

Dié buurtspan het ook opknappings aan hul inligtingsnetwerk gedoen waar twee pale geverf is. Hulle is ook besig om ’n nuwe paal op te rig. Verder is al AfriForum se noodwaterpunte in die omgewing besoek – die water is gesirkuleer om te verseker dit en die tenks bly skoon. Die buurtspan het ’n vuur op die hoek van Ben Swartstraat en 21ste Laan in Villeria geblus en ook die spruit se bome begin snoei met die fokus op bome wat die infrastruktuur beskadig.

Gedurende Junie het AfriForum se Groter Moot-buurtwag ook nie stilgesit nie en 1 331,91 km en 151,47 ure aan 108 patrollies afgestaan.

“Die tak is toegewyd om ’n skoner en gesonder omgewing vir ons gemeenskap te bevorder. Ons is verheug oor die sukses wat hierdie projekte tot dusvêr behaal het. Ons glo dat dit ’n positiewe impak op die estetiese waarde van die Moot sal hê en dat dit die algehele welstand van ons inwoners ook positief sal beïnvloed,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Soortgelyke plasings