|

AfriForum se Groter Moot-buurtwag hou Moot veilig

AfriForum se Groter Moot-buurtwag het op 1 Mei 2022 hulle weeklikse spanoperasie gehou. Dié buurtwag bestaan uit ses spanne van 10 lede elk. Span Pitbull het ’n sigbaarheidsvoetpatrollie gehou waartydens hulle van 20ste Laan tot by Voortrekkerweg gestap het.

Die buurtwag se hulp is ook ingeroep op die AfriForum Groter Moot-veiligheidsgroep nadat ’n  motorongeluk in 9de Laan en Lombardstraat plaasgevind het. Die bestuurder, wat vermoedelik onder die invloed was, het ’n waterpyp afgery. Die SAPD was op toneel en First Help het ook op die toneel gehelp.

“Die buurtwag is voortdurend besig om te kyk hoe ons die gemeenskap beter kan ondersteun. Dit is vir ons belangrik om sigbare patrollies te hou sodat ons die inwoners in ons gemeenskappe kan ondersteun en misdadigers die gebied ontsê,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Sluit gerus aan met ’n vrywillige maandelikse bydrae deur op die gratis Telegram-toep ’n kort verifikasie te doen by https://t.me/AfriForumBuurtBot of SMS “Groter Moot” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings