|

AfriForum se Groter Moot-tak hou skoonmaakprojek

AfriForum se Groter Moot-tak het op 19 Februarie hande gevat met die gemeenskap en die spruit by 24ste Laan tussen Hertzog- en Louis Trichardtstraat skoongemaak.

Hierdie skoonmaakprojek is deel van ’n reeks projekte wat daarop gemik is om probleme in die gemeenskap self op te los.

“Baie dankie aan almal wat die skoonmaakprojek moontlik gemaak het. Ek wil die gemeenskap uitnooi om betrokke te raak by AfriForum se ander projekte wat op die verbetering en beveiliging van die omgewing fokus,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

“Ons het groot waardering vir die inisiatief van die Groter Moot-tak se bestuur en lede. Die gebied rondom die spruit was dig bebos en baie onveilig. Ons is trots om deel te wees van ’n selfdoen-gemeenskap.”

Steinberg bedank Hammerkop Hardware vir die skenking van toerusting tot die skoonmaakprojek, asook Total Hertzog Straat Motors en Birkner Kelders wat onderskeidelik die ys en koeldrank vir die dag voorsien het.

Om by AfriForum se Groter Moot-tak aan te sluit, laai die Telegram-toep af en soek @AfriForumBuurtBot (https://t.me/AfriForumBuurtBot) of SMS “Groter Moot” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings