AfriForum se Harrismith-tak vul slaggate


AfriForum se Harrismith-tak het op 30 Maart 2019 inisiatief geneem en self slaggate in dié dorp opgevul. Dié projek was hoofsaaklik gemik op Wardenstraat, die dorp se hoofstraat, omdat die slaggate daar ’n ernstige veiligheidsrisiko geword het. Die tak het 2 750 kg se teer gebruik om 105 slaggate te vul.

“AfriForum se Harrismith-tak pak hierdie aksies aan omdat ons in #selfdoen glo – om ’n beter omgewing vir almal te skep en ’n verskil in die gemeenskap te maak. Die tak sal voortaan soortgelyke volhoubare selfdoenprojekte aanpak. As ons as gemeenskap saamstaan en saamwerk om probleme uit die weg te ruim, kan ons nog baie sukses behaal,” sê JP Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.
“Ons wil graag die gemeenskap vir hul bydraes bedank. Dit is wonderlik om te sien wat ons saam kan vermag!” sê Johan du Bruyn, voorsitter van AfriForum se Harrismith-tak

Die Harrismith-tak nooi die gemeenskap graag uit om meer betrokke te raak en hulle te ondersteun. Sluit by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS “Harrismith” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings