AfriForum se Kaapstad-Noord-tak loods skoonmaakaksie


As deel van die burgerregte-organisasie se Maand van Selfstandigheid-veldtog het AfriForum se Kaapstad-Noord-tak in samewerking met die Voortrekker Road Corridor Improvement District (VRCID) onlangs talle strate, parkies en oop velde in Oakdale, Bellville skoongemaak. Daar is ongeveer ’n bakkievrag rommel opgetel en onkruid is ook op vele sypaadjies verwyder.

“Waar die munisipaliteit versuim om hul pligte na te kom, sal ons ingryp om te verseker dat ons omgewing skoon bly en ons woonbuurt nie agteruitgaan nie,” sê Tommy van Zyl, voorsitter van AfriForum se Kaapstad-Noord-tak.

Om by die Kaapstad-Noord-tak betrokke te raak, stuur ’n e-pos aan deon.dejager@afrifroum.co.za en maak ’n verskil

Soortgelyke plasings