|

AfriForum se Kaapstad-Noord-tak maak groenstrook skoon

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het op 7 Junie ’n skoonmaakprojek by die Hoërskool Bellville in Bellville van stapel gestuur om ’n skoner omgewing vir inwoners te skep en te help dat die woonbuurt nie agteruitgaan nie.

Die projek het gevolg nadat die tak reeds verskeie soortgelyke skoonmaakprojekte in die noordelike voorstede van Kaapstad suksesvol aangepak het. Die tak het ongeveer sewe swart sakke en twee swart asblikke vol rommel opgetel en weggery.

“Ons is dankbaar vir elke lid se bydraes wat hierdie werk moontlik maak. AfriForum se Kaapstad-Noord-tak sal aanhou om probleme in die area op te los en druk toe te pas waar nodig,” sê Tommy van Zyl, voorsitter van AfriForum se Kaapstad-Noord-tak.

Volgens Johan Crous, AfriForum se distrikskoördineerder in die Boland, is hierdie aksies ’n sprekende voorbeeld van gemeenskappe wat omgee vir hul omgewing en vrywilligers wat elke dag hul tyd opoffer om die gemeenskap se belange te bevorder. Die vrywilligers hoop ook dat die voorbeeld wat hulle stel as inspirasie sal dien vir die leerders van Hoërskool Bellville om die belangrikheid van ’n skoon omgewing te besef en self verantwoordelikheid te neem vir hul omgeweing.

“Die Kaap is besonders geseënd met ’n pragtige omgewing en skoonmaakprojekte soos hierdie dra by om ons woonbuurte skoon en veilig te hou,” sluit Crous af.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by soortgelyke projekte betrokke te raak en deel te word van die oplossing. Sluit vandag nog by AfriForum se Kaapstad-Noord-tak aan: SMS “Kaapstad-Noord” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings