|

Tonne vragte vullis in Barkley-Wes verwyder

Die burgerregteorganisasie AfriForum het toegesien dat ongeveer 28 18-ton vragmotors vol rommel gedurende Oktober in hierdie dorp verwyder word. Die rommel is hoofsaaklik op die ou Kimberleypad, voor die Afrikaanse Protestantse Kerk, by die vervalle huis in Kareestraat, by die hospitaal en by die begraafplaas verwyder.

Hierdie was probleemareas aangesien dit by die ingang van die dorp is en ’n maklike skuilplek vir misdadigers was. Dit het ook ’n gevaar ingehou vir die aantal mense wat steeds hul geliefdes se grafte by die begraafplaas besoek.

“AfriForum het ’n span aangestel wat toegesien het dat die projek so deeglik as moontlik uitgevoer word,” sê Lize-Mari van der Linden, die distrikskoördineerder vir die Karoo.

Die gemeenskap wat graag wil deel word van die projek is welkom om op 12 November 2022 te help om die begraafplaas verder op te ruim. Belangstellendes kan Corne Bergh by 083 453 5358 kontak.

Soortgelyke plasings