AfriForum se Karoo-takke vra munisipaliteite om hande te vat tydens vullisterreinoudits

AfriForum se 11 takke in die Karoo-streek het op 28 Januarie 2020 skrywes aan hul plaaslike munisipaliteite gerig om hande te vat tydens die organisasie se nasionale vullisterreinouditprojek wat in Februarie vanjaar plaasvind.

Takke wat skrywes gerig het, sluit Vaalharts, Warrenton, Kimberley, Douglas, Hopetown, Orania, Strydenburg, Prieska, Williston, Aliwal-Noord en Elliot in.

Dít volg nadat verskeie kwessies en bekommernisse rondom plaaslikeregeringsake in die Karoo-streek onder AfriForum se aandag gebring is. AfriForum verteenwoordig die belang van sy lede en gemeenskappe en daarom sal al die Afriforum-takke weer vanjaar plaaslike vullisterreine besoek en oudit.

“AfriForum wil graag met die plaaslike munisipaliteite hande vat om bekommernisse in die gemeenskap te lug en saam aan langtermynoplossings te werk,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Om betrokke te raak by die projek, kontak vir Lize-Mari Smit by 081 217 6801 of lize-mari.smit@afriforum.co.za.

Soortgelyke plasings