AfriForum se Kuruman-buurtwag trek misdadigers vas


AfriForum se Kuruman-buurtwag het in Augustus sewe verdagtes vir diefstal gearresteer.

“Die dorp loop die afgelope tyd deur as gevolg van die diefstal van asblikke, en leë huise word ook geplunder. Misdadigers steel koperpype, diefwering en items wat van yster gemaak is wat vermoedelik op die skrootwerf verkoop word. Die buurtwag versoek dat gemeenskapslede enige gevalle en verdagte persone aan hulle of die polisie rapporteer,” sê Gonda Louw, AfriForum se streekskoördineerder vir die Noord-Kaap.

AfriForum doen ’n beroep op die gemeenskap om saam te staan teen misdaad en by die buurtwag aan te sluit.
Raak vandag betrokke deur “Misdaad” te SMS na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings