|

AfriForum se Lichtenburg-tak vul slaggate

Die AfriForum-tak in Lichtenburg het op 10 Februarie in samewerking met Noordwes Koöperasie (NWK) en Chris Breedt, ’n sakeman in die dorp, ’n teerprojek in Kerkstraat voltooi.

NWK het teer vir die projek geskenk, terwyl Breedt werkers betaal het om die arbeid te verrig. Altesaam 106 slaggate is in Kerkstraat gevul as deel van AfriForum se padherstelprojek wat in Maart 2021 begin is.

“Ons dorp se paaie word al vir etlike jare deur die munisipaliteit afgeskeep wat geen onderhoud of herstelwerk doen nie. Ná die baie reën wat ons in Lichtenburg gehad het, het die paaie verder gedisintegreer. Ons weier egter om die toestand van die paaie te aanvaar en sal voortgaan om die dorp saam met die gemeenskap en organisasies soos NWK op te knap en te verbeter. Ons doelwit is om die projek op ’n volhoubare wyse te dryf en dit is in dié stadium moontlik omdat ons baie goeie samewerking kry vanuit die gemeenskap,” sê Steyn Kearney, voorsitter van AfriForum se Lichtenburg-tak.

“Dit is lekker om te sien dat die Lichtenburg-gemeenskap toenemend eienaarskap neem van hul dorp. Ons is dankbaar dat organisasies met ons hande vat, want saam sal ons ’n verskil kan maak en aanhou veg teen die munisipale verval in Lichtenburg,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Kontak gerus vir Pine Pienaar, bestuurslid van die tak wat die projek bestuur, by 082 371 5312. Word ook vandag nog deel van AfriForum se Lichtenburg-tak: SMS “Lichtenburg” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings