AfriForum se Meyerspark-tak woeker


Die Meyerspark-tak het die afgelope week in die gemeenskap gewoeker waar hulle saam met die plaaslike raadslid gesorg het dat ’n onwettige kragkoppeling afgesny is. Die tak het ook ’n muur herstel wat die naweek beskadig is.

Die muur is beskadig nadat ’n taxi op Sondagmiddag 31 Maart 2019 om 15:00 deur die betonmuur gejaag het en gevaarlike toegang vir misdadigers geskep het om Meyerspark binne te gaan. Binne ure ná die ongeluk was daar reeds ’n sigbare voetpad in die woonbuurt. Dit was daarom belangrik dat die muur so gou doenlik herstel word.

“Dankie aan die tak en gemeenskap wat vinnig optree wanneer daar probleme in ons gemeenskap is. Sonder die gemeenskap is die tak nie moontlik nie,” sê André Badenhorst, AfriForum se Meyerspark-takvoorsitter.
“Aksies soos dié is net moontlik as die gemeenskap betrokke en van hul omgewing bewus is,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria.

Gemeenskapslede kan by AfriForum betrokke raak: SMS “Meyerspark” na 45341 (R1), óf stuur ’n e-pos aan lambert.deklerk@afriforum.co.za.

Soortgelyke plasings