AfriForum se Midvaal-tak skenk stoptekens aan stadsraad


Die AfriForum-tak in Midvaal het op 5 Julie 2018 sewe stoptekens aan die plaaslike stadsraad oorhandig. Dít volg nadat die tak afwesige stoptekens op verskeie plekke in die gebied as ’n gevaar vir die gemeenskap geïdentifiseer het.

“AfriForum wil ’n verskil in die gemeenskap en ons dorp maak. Ons sal ook wil voortbou op ons goeie verhouding met die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit,” sê Ursula Pretorius, voorsitter van AfriForum se Midvaal-tak.

AfriForum versoek inwoners om dié tak te ondersteun: SMS “Midvaal” na 45342 (R1) om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings