AfriForum se Olifantshoek-tak eis dringende antwoorde


AfriForum se Olifantshoek-tak eis aksie van die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit nadat dié dorp reeds vier dae sonder water moet klaarkom.

“Dit het onder ons aandag gekom dat die munisipaliteit ’n groot bedrag geld aan Sedibeng Water skuld en watertoevoer daarom beperk word. Dit is onaanvaarbaar dat inwoners wat getrou hul rekeninge betaal, gestraf word omdat die munisipaliteit nie hul skuld vereffen nie,” sê Gonda Louw, AfriForum se plaaslike koördineerder vir die Kalahari. “Die munisipaliteit se skynbare swak hantering van finansies is kommerwekkend. Wat word van die geld?”

In ’n brief aan Kagisho Ositang, die tegniese bestuurder van die munisipaliteit, het AfriForum geëis dat antwoorde in verband met hierdie kwessie teen 8 Maart 2017 verskaf word, waarop geen terugvoer egter ontvang is nie. Die AfriForum-tak in Olifantshoek gaan ’n aansoek in terme van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 aan die munisipaliteit oorhandig ten einde duidelikheid in hierdie verband te kry.
Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke deur “Olifantshoek” na 32532 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings