AfriForum se #OnsDorp-veldtog: Utrecht-tak verf brug saam jeug


Die AfriForum-tak in Utrecht en lede van die jeug het onlangs die relings van die brug in Van Rooyenstraat in dié dorp afgeskuur en nuut oorgeverf. Hierdie aksie vorm deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog waartydens gemeenskappe self toetree om staatsverval teen te staan.

“AfriForum wil almal wat met die projek gehelp het hartlik bedank en nooi die gemeenskap uit om meer soortgelyke aksies saam aan te pak en Utrecht weer ’n mooi dorp te maak,” sê André Homann, voorsitter van AfriForum se Utrecht-tak.

Besoek www.onsdorp.co.za om aan AfriForum ’n mandaat te gee om ’n positiewe verskil in jou gemeenskap te maak of om self betrokke te raak.
Raak vandag nog by jou naaste AfriForum-tak betrokke: SMS “Utrecht” na 45267 (R1).

Soortgelyke plasings