|

AfriForum se Oos-Londen-tak skenk meer as 400 m2 gras om skool te verfraai

Die gras is nou voorwaar groener by Laerskool Grens in Oos-Londen nadat AfriForum se plaaslike tak 430 m2 gras aan dié skool – een van die laaste oorblywende Afrikaanse skole in die stad – geskenk het. Laerskool Grens het die Oos-Londense tak onlangs genader om hulp, waarna dié tak geen gras onder hulle voete laat groei het nie en dadelik ingespring het om die verfraaiingsprojek te laat realiseer.

Volgens Dave Nettle, voorsitter van AfriForum se Oos-Londen-tak, het hierdie skenking van hoë gehalte gras ten doel om die skool se buitelugruimtes te verbeter en ’n gemaklike ruimte te bied waar leerders kan ontspan, sport beoefen en selfs gerieflik in die buitelug kan leer.

“Dis belangrik om innemende en veilige omgewings vir leerders te skep. ’n Goed onderhoude buitelugarea dra boonop by tot die algehele welstand én ontwikkeling van gesonde jongmense,” verduidelik Nettle.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak.

Soortgelyke plasings