|

Hessekwa-tak kondig nuwe bestuur aan

AfriForum se Hessekwa-tak het op 17 Mei in Riversdal gereorganiseer. Die geleentheid is voorafgegaan deur gemeenskapsvergaderings in Albertinia en Stilbaai waartydens Kallie Kriel, die uitvoerende hoof van AfriForum, die gaste toegespreek het.

Die nuwe takbestuur bestaan uit Vivian Lourens (voorsitter), Ben Dell (ondervoorsitter), Anthea Nell (sekretaris), Louis van der Walt (tesourier), Johan Wessels (veiligheid), Ian Grobbelaar (jeug), Andre Louw (plaaslikeregeringsake) en Anthea Nell (sosiale media, bemarking en werwing).

Tydens die vergadering waar die nuwe takbestuur aangekondig is, het Kriel ’n toespraak oor AfriForum se visie en funksionering gelewer. Hy het ook die konsep van gemeenskapsfederalisme verduidelik en waarom ons daarna moet streef.

Daarna het David Olivier, AfriForum se veiligheidspesialis vir die suidstreek, die organisasie se model kortweg voorgehou waarna die gehoor deur ’n verkiesingsproses gelei is en die vermelde lede tot die betrokke poste verkies is.

Die bestuur is baie trots om deel van AfriForum te wees en is gereed om hul take aan te pak.

“Ons sien uit daarna om talle selfdoen-projekte van stapel te stuur en om sodoende die gemeenskap te dien sowel as om hulle meer weerbaar te maak. Veiligheid begin by onsself en as ons hande vat is die gemeenskap veilig,” sê Vivian Lourens, voorsitter van die Hessekwa-tak.

Raak betrokke by AfriForum se Hessekwa-tak: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings