AfriForum se Oos-Rand-buurtwagte hou massapatrollie


AfriForum se Alberton-, Benoni-, Brakpan-, Edenvale-, Germiston- en Kempton Park-buurtwag het in samewerking met verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies op 6 April 2018 aan die burgerregte-organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem.
Hierdie massapatrollie is gehou om die sigbaarheid van buurtwagte te verhoog, asook om misdaad te bekamp. Die aksie het omstreeks 18:00 begin en tot 6:00 die volgende oggend geduur. ’n Totaal van 131 patrolleerders (wat sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidsinstansies se personeel uitsluit) het deelgeneem. Altesaam 6 120 km is in nagenoeg 739 manure afgelê. Geen ernstige voorvalle is aangemeld nie.

“AfriForum se Oos-Rand-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollie ry om in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies te poog om misdaad hok te slaan en veiligheid te bevorder,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir Gauteng.

Jy kan help om jou omgewing te beveilig deur by jou naaste AfriForum-buurtwag betrokke te raak: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings