AfriForum se Riversdal-buurtwag neem deel aan nasionale patrollie


Die Riversdal-buurtwag van die burgerregtewaghond AfriForum se Hessekwa-tak het die afgelope naweek aan Operasie Rooimus – ’n nasionale massapatrollie – deelgeneem.
Daar het 32 voertuie aan die patrollie deelgeneem wat in totaal bykans 830 km gepatrolleer het. Die buurtwag het ook in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) verskeie padblokkades in Riversdal gehou. Geen ernstige gevalle het plaasgevind nie.

“Dié patrollie, die eerste van vele wat beplan word, was ’n reusesukses. Ons is verheug dat lede van die gemeenskap verantwoordelikheid vir hul eie veiligheid neem,” sê Johan Crous, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Hessekwa-tak.
“Samewerking is vir ons belangrik. Daarom is ons dankbaar vir die plaaslike SAPD se ondersteuning en hulp,” sluit Crous af.

Stuur ’n e-pos na johan@dehandelshuis.co.za om by AfriForum se Riversdal-buurtwag betrokke te raak.

Soortgelyke plasings