AfriForum se PE-tak raak betrokke by Laerskool Verkenner


Die jeugvleuel van AfriForum se Port Elizabeth-tak het op 11 April 2019 sportsakke aan die eerste rugbyspan van die Laerskool Verkenner oorhandig.

Dirk Burger, voorsitter van AfriForum se Port Elizabeth-tak, het die skool vroeër saam met Dewald van Wyk, voorsitter van die jeugvleuel van AfriForum se Port Elizabeth-tak, besoek. Daar is tydens dié besoek besluit om meer betrokke te raak by die ondersteuning van dié enkelmedium Afrikaanse laerskool.

“Hierdie Afrikaanse laerskool gaan ’n groter fokus raak en ons beplan om bykomende ontwikkelingsgeleenthede vir die jeug te skep,” sê Van Wyk.
“Ons verbintenis tot die ontwikkeling van die jeug en Afrikaans bly van ons kerndoelwitte. Ons is trots om met die bestuur van die Laerskool Verkenner hande te neem ter bevordering van die jeug,” sê Arno Greyling, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Kaap.

Raak vandag nog by dié tak se jeug betrokke en help om ’n verskil te maak: Stuur ’n e-pos na bernard.pieters@afriforum.co.za of SMS “PE” na 32687 (R1).

Soortgelyke plasings