|

AfriForum se Piet Retief-jeugvleuel restoureer kruis

Die jeugvleuel van AfriForum se Piet Retief-tak het op 18 September 2021 ’n projek van stapel gestuur om die groot kruis teen die N2-hoofweg te herstel. Die lede het reeds vroegoggend bymekaargekom en die 6 m hoë kruis losgemaak en uitmekaar gehaal.

Tien jeuglede was by dié projek betrokke en HP Ingenieurswerke het ’n trok geborg wat die kruis se stukke na FAF Ingenieurswerke kon vervoer. Daar het die jeuglede aan die werk gespring om die kruis af te skuur en oor te verf. FAF Ingenieurswerke gaan ook ’n ekstra laag wit rubberverf op die kruis spuit.

“Ons gaan die kruis weer op 2 Oktober oprig en wil mense aanmoedig om op die dag by die jeuglede aan te sluit,” sê Tiaan Janssens, lid van AfriForum se Piet Retief-tak.

Kontak vir Janssens by 082 460 1552 om by dié projek in te skakel.

Sluit vandag nog by AfriForum aan: SMS jou naam na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings