|

AfriForum se Potchefstroom-tak plant bome in konsentrasiekampkerkhof

Die AfriForum-tak in Potchefstroom het verlede week 16 sipresbome in die Vyfhoek-konsentrasiekampkerkhof in ou Bailliepark geplant om deel te neem aan Boomplantmaand. Die boompies is deur die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit geskenk – waarvoor die tak baie dankbaar is.

Piet Theron, omgewingsakebeampte van AfriForum se Potchefstroom-tak, en vier manne van Huis Hebron het die gate gegrawe en die bome geplant. Dit is netjies en met groot omsigtigheid gedoen.

“Baie dankie aan elkeen wat betrokke was by die boomplantprojek; die laninkie lyk reeds baie mooi. Dit is van onskatbare waarde vir die omgewing, asook vir die mens om bome te plant. Dit is egter nutteloos om bome te plant en dit nie te versorg nie, daarom het die tak bome geplant waar hulle versorg kan word. Dit maak ’n groot verskil,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Raak vandag nog by AfriForum se Potchefstroom-tak betrokke en help om ’n verskil in jou dorp te maak. Kontak vir Douglas Bourn by 083 232 1020 om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings