AfriForum se Rayton/Heuwelsig-buurtwag vind gekaapte motor binne ’n uur


AfriForum se Rayton/Heuwelsig-buurtwag het op 27 September tydens ’n patrollie en in samewerking met die SAPD-blitspatrollie ’n gekaapte Toyota Fortuner opgespoor.
Die voertuig is agter die Bloemgate-winkelsentrum gevind binne ’n uur nadat die buurtwag van die kaping in kennis gestel is. Ongelukkig was daar teen daardie tyd geen verdagtes meer op die toneel nie en die toneel is aan die SAPD vir verdere ondersoek oorhandig.

“AfriForum versoek alle gemeenskappe om by hul plaaslike buurtwagstrukture betrokke te raak om sodoende na hul eie veiligheid in samewerking met ander veiligheidsdienste in hul omgewings te begin omsien. Sluit dus vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag aan,” sê Joseph Renaud, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Rosestad.

SMS “Buurtwag” na 31481 (R1) om by AfriForum aan te sluit.

Soortgelyke plasings