AfriForum se Rayton/Heuwelsig-tak en SAPD span saam teen misdaad


Die AfriForum-tak in die Rayton/Heuwelsig-omgewing het vandag ’n afskrif van die samewerkingsooreenkoms wat op 16 Januarie 2017 tussen AfriForum en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Centurion gesluit is, aan lt.kol. J.W. Phule, bevelvoerder van die Bayswater-polisiestasie in Bloemfontein, oorhandig.

“Dié ooreenkoms het ten doel om ’n geïntegreerde benadering te volg om veiligheid te verbeter en gemeenskapsamewerking in die bekamping van misdaad te bevorder,” sê Radie Ferreira, voorsitter van AfriForum se Rayton/Heuwelsig-tak.
“Misdaad in stedelike gebiede en veral woongebiede neem daagliks toe en as die gemeenskap nie saam met die polisie aan ’n strategie werk om dit te bekamp nie, gaan die stryd nog lank voortduur,” sê Pieter Myburg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak en -buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45266 (R1).

Soortgelyke plasings