AfriForum se Reitz-tak beveilig paaie


Die bestuur van AfriForum se Reitz-tak en gemeenskapslede het op 15 September byeengekom om vervalle stopstrate in dié dorp te verf. Padgebruikers verontagsaam die padreëls omdat sommige tekens totaal onsigbaar is, wat dit noodsaak om die probleem so spoedig as moontlik aan te pak.

“Daar is verskeie stopstrate in Reitz wat dringend aandag benodig en ons as die AfriForum-tak in Reitz verplig onsself om een stopstraat op ’n slag op te knap,” sê Jean Hugo, voorsitter van AfriForum se Reitz-tak.

Die tak wil graag die volgende twee borge bedank wat tydens die projek betrokke was:

  • Doman’s – Willem Doman (verfrollers)
  • Build It – A.J. Swart (verf)

“Ons benodig steeds heelwat verf, rollers en ’n paar ekstra hande om van hierdie projek ’n blywende sukses te maak en daarom moedig ons die gemeenskap aan om ook betrokke te raak,” sê Hugo.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Reitz” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings