|

AfriForum se Roodepoort-buurtwag help om ontvoerde persoon te vind

Die AfriForum-buurtwag in Roodepoort het op 14 Augustus, saam met verskeie ander veiligheidsrolspelers, ’n vrou help vind wat deur vyf mans ontvoer is.

Werner Britz, leier van AfriForum se Roodepoort-buurtwag, het ’n oproep ontvang dat patrolleerders van die Roodekrans-buurtwag, die Krugersdorp SAPD, Help24 en ’n soek-en-reddingsspan, hulp benodig om die vrou op te spoor en die verdagtes agterna te sit.

Die leier van die Roodepoort-buurtwag, Werner Brits, saam met ander lede van die buurtwag asook die hommeltuigvlieënier, Lourens Swanepoel, het na die toneel gegaan en met behulp van die verskeie rolspelers kon die vrou opgespoor word. Die slagoffer het trauma berading op die toneel ontvang.

Die onderskeie rolspelers het die soektog na die verdagtes voortgesit en verskeie punte is gevind waar die verdagtes skuil. ’n Aantal verdagtes is aangekeer en deur die SAPD gearresteer.

“Ek wil graag die volgende persone bedank vir hulle bereidwilligheid om te help met die soektog: Ronnie Britz, Morné Coetzee, Gaj Munsammy, Kevin Hendrikz, Steven Galvert, Karien van Biljon en Lourens Swanepoel. Dit is ’n voorreg om ’n verskil te kan maak saam met ’n span soos hulle,” sê Werner Brits, leier van AfriForum se Roodepoort-buurtwag.

Soortgelyke plasings