AfriForum se Roodepoort-buurtwag ontvang opleiding


AfriForum se Roodepoort-buurtwag het op 8 en 9 Maart 2019 opleiding in noodbloedingbeheer en toneelhantering ontvang wat onderskeidelik deur die Stop the Bleed-organisasie en die SAPD aangebied is.

Fanie Naude, voorsitter van AfriForum se Roodepoort-tak, sê dat dié tak die opleidingsgeleentheid dadelik aangegryp het. Volgens Naude was daar die afgelope tyd ’n toename in gru-ongelukke in die omgewing. Ná hierdie opleiding het die buurtwaglede genoegsame kennis om tonele te beveilig en slagoffers te stabiliseer totdat nooddienste opdaag.

“Dit is vir ons as organisasie ’n voorreg om hierdie opleiding te kon bywoon. Dit is ’n riem onder die hart om te sien hoe ’n gemeenskap hande vat en na ’n beter môre streef,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Wes-Rand.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings