AfriForum se Rustenburg-tak wag op antwoorde oor buslaankonstruksie


Die AfriForum-tak in Rustenburg het ’n skrywe aan die Rustenburgse Plaaslike Munisipaliteit gerig in verband met die buslaankonstruksie in die middestad en gevolglik ’n sperdatum vir die afhandeling daarvan geëis.

Aangesien plaaslike ondernemings in Rustenburg se pleite om ingryping teenoor die munisipaliteit tot dusver op dowe ore geval het, het dié ondernemings die AfriForum-tak genader nadat hulle tot soveel as 60% van hul werkers moes afdank weens die impak wat die sloerende konstruksie op hul onderskeie besighede het. Skade is ook aan Telkom-lyne, waterpype en rioolstelsels in die omgewing aangerig, wat die ondernemings se toegang tot telefoondienste en lopende water belemmer.

“Die munisipaliteit moet dringend aandag skenk aan die buslaankonstruksie sodat ondernemings hul normale besigheid kan hervat en die gemeenskap nie verder deur hierdie probleem benadeel word nie,” sê Charné Blignaut, AfriForum se assistentkoördineerder vir Marico.

Soortgelyke plasings