| | |

AfriForum se Upington-tak skenk skolehulppakkette

AfriForum en AfriForum Jeug het op 1 Junie 2020 skolehulppakkette aan twee skole in Upington geskenk as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek. Laerskool Oranje-Noord en die Primêre Skool Op Die Voorpos het dié pakkette ontvang om hulle te help om gereed te wees om te heropen.

Die skolehulppakket bestaan uit COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders. Die waarde van een pakket beloop R6 500.

“Dié projek is van stapel gestuur nadat heelwat skole onvoldoende hulp van die staat ontvang het om veilig te heropen. Die Upington-tak het hierdie hulppakkette aan die skole oorhandig om te verseker dat leerders en personeel veilig terug kan keer skool toe,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.

AfriForum se Upington-tak wil graag nóg skole met hierdie projek bystaan en moedig die publiek aan om by projekte soos dié betrokke te raak. Dra vandag nog tot dié tak se taknoodfonds by – jy kan help om ’n verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Upington” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings