|

AfriForum se Springs-buurtwag handhaaf hoë sigbaarheid in Mei

Die AfriForum-buurtwag in Springs was aktief in Mei en het altesaam 127 ure op die pad spandeer om sigbaarheid in die dorp te verhoog en misdaad hok te slaan. Die patrolleerders het in nege voertuie ’n totaal van 1 173 km afgelê tydens patrollies. Die buurtwag het ook talle insidente hanteer en hulp aan die SAPD verleen. Die insidente sluit onder meer insidente van kabeldiefstal, rowe, ’n huisbrand, sowel as die konfiskering van onwettige goedere.

“Hierdie suksesse is te danke aan die pro-aktiewe optrede van die Springs-buurtwag. Die hoë sigbaarheid van die buurtwag verminder die kanse van kriminele misdrywe in hul area. Ons is baie dankbaar teenoor hierdie vrywilligers wat in moeilike tye nie huiwer om hulle gemeenskap by te staan en verantwoordelikheid vir hulle eie veiligheid te neem nie,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

“Die suksesse van die Springs-buurtwag is weereens ’n bewys dat AfriForum se spesialisopleiding, toerusting, plaaslike en nasionale radionetwerke en samewerking met ander rolspelers uiters suksesvol is. Ons is dankbaar vir elke lid wat hul tyd opoffer en teen hulle eie koste ‘n verskil maak. Ons doen verder ’n beroep op lede van die gemeenskap om betrokke te raak en self hul veiligheid te prioritiseer. Sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die oplossing,” sê Cornel Swart, voorsitter van AfriForum se Springs-tak.

Word vandag nog deel van AfriForum se Springs-tak: SMS “Springs” na 45340 (R1) of skakel vir Cornel Swart by 083 648 2669 om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings