|

Standerton-tak takel slaggate

AfriForum se Standerton-tak het op 23 Augustus nóg ’n slaggatherstelprojek in die dorp suksesvol voltooi. Die tak het op Beyers Naudéstraat gefokus aangesien dit een van die hoofroetes van die dorp is, maar tans uiters gevaarlik en so te sê onbegaanbaar vir motoriste is.

Die tak het danksy die hulp van drie werkers binne een dag die grootste en gevaarlikste slaggate met 40 sakke teer opgevul. Daar is spesifiek gefokus op dié slaggate omdat dit die meeste skade aan motoriste se voertuie (veral die bande) aanrig.

“Ons moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak en sodoende hul dorp skoon en veilig te maak. Standerton kan weer in sy volle glorie herstel word wanneer almal saamwerk,” sê Leon Enslin, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak.

Die tak pak gereeld volhoubare selfdoenprojekte soos dié aan en nooi die gemeenskap uit om betrokke te raak.

Klik hier en sluit vandag nog by AfriForum se Standerton-tak aan.

Soortgelyke plasings