|

AfriForum se Springs-tak slaggereed vir 2022

Die AfriForum-tak in Springs het 2022 behoorlik by die horings gepak en reeds talle aksies suksesvol afgehandel.

Die plaaslike AfriForum-buurtwag het reeds sowat 340 ure op die pad spandeer om die gemeenskap met patrollies veilig te hou.

Die buurtwag het saam met ander veiligheidsrolspelers brande geblus, reageer op huisbraak insidente en hulp verleen op ongelukstonele. Benewens hierdie aksies het die buurtwag ook verskeie volhoubare operasies saam met die SAPD en ander aangepak met die doel om misdaad te bekamp. Daar is ondermeer padblokkades gehou, arrestasies uitgevoer en gesteelde voertuie teruggevind.

“Die Springs-tak het uitstekende verhoudings met mede-rolspelers in die gemeenskap en dit maak die tak se hande sterker om steunpilare in die gemeenskap te hê wat ons help om ons doel te bereik,” sê Dewet Ungerer AfriForum se distrikskoördineerder in die Oos-Rand.

“Die tak en buurtwag in Springs beplan om in 2022 talle opwindende aksies aan te pak en ons moedig die gemeenskap aan om hierby betrokke te raak,” sluit Ungerer af.

Raak vandag by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke deur ’n e-pos te stuur na voorsitter.springs@afriforumtak.co.za

Soortgelyke plasings