|

AfriForum se Standerton-tak verskaf water aan gemeenskap

Die AfriForum-tak in Standerton het die afgelope week water aan die gemeenskap verskaf nadat die watertoevoer vir langer as ’n week onderbreek is.

AfriForum het saam met Heymans Kole gewerk wat hulle watertenkwa beskikbaar gestel het om water vir huishoudelike gebruik te verskaf. Die gemeenskap kon hul houers self by die watertenkwa volmaak.

Taklede het ook op 7 Augustus sowat 5 000 liter water uit hul huise en boorgate getap en van straat tot straat gery om water aan die gemeenskap te verskaf. Clear Water en Protelly & Quantum Sprayers het op hulle beurt waterkarre beskikbaar gestel om die waternood te verlig.

Water is ’n basiese behoefte in enige mens se bestaan en die gemeenskap is raadop om sonder water klaar te kom sonder enige kennisgewings of antwoorde daarvoor.

“Dit is vir my ’n eer dat ons tak die gemeenskap met klein dade soos hierdie kan ondersteun. Ons versoek die Standerton-gemeenskap om aktief by die tak betrokke te raak – gewillige hande en ondersteuning maak sulke bydraes moontlik,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Raak vandag nog deel van AfriForum se Standerton-tak en maak ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap. SMS jou naam na 45350 (R1) en word deel van die oplossing.

Soortgelyke plasings