|

AfriForum se Stellenbosch-tak skenk boom aan Uniepark-arboretum

Die AfriForum-tak in Stellenbosch het op 1 November saam met die wykskomitee en ander lede van die gemeenskap bome geplant tydens ’n funksie by die Uniepark-arboretum. Al is Boomplantmaand reeds verby het talle mense steeds deelgeneem aan hierdie geleentheid.

Ria Crafford, omgewingsakebeampte by AfriForum se Stellenbosch-tak, het die organisasie tydens hierdie geleentheid verteenwoordig. Daar is altesaam 16 bome geskenk. Bome wat oor die jare as Boom van die Jaar aangewys is, is by hierdie geleentheid geplant.

Die AfriForum-tak het ’n apiesdoringboom (Senegalia galpinii – voorheen bekend as Acacia xanthophloea) geplant wat in 2009 as Boom van die Jaar aangewys is.

“Ons wil die gemeenskap aanmoedig om betrokke te raak by hul plaaslike AfriForum-tak. Wanneer ons bome plant maak ons ’n belofte dat ons sal aanhou om te werk en te bou sodat ons kan bydra tot die groei van ons gemeenskappe en kultuur,” sê Jacques Benade, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Soortgelyke plasings