|

AfriForum se Vryburg-tak herbou heining om monumente

Die AfriForum-tak in Vryburg het die heining om die Groot Trek-monumente, wat deur vandale beskadig is, weer herbou. Daar is besluit om dié heining dadelik weer op te rig toe dit aan die lig kom dat sluipslapers by die monument slaap. Die tak het ook die muur herbou wat in Desember 2018 deur vandale beskadig is.

“Die volgende stap is om met die restourasie van die monumente te begin. Ons sal in dié opsig met die Erfenisstigting saamwerk sodat dit op die korrekte wyse geskied. Dr. Dries Smit, ’n entoesiastiese geocacher, het ook ’n skat daar versteek om ander geocaching-entoesiaste daarheen te lok. Ons sal ook ’n plaat met die monumente se geskiedenis daar opgerig, asook ’n kontaknommer vir besoekers wat toegang verlang,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

“AfriForum is daarop ingestel om ons erfenis te bewaar. Mense wat die monument wil besoek, kan die sleutel by die AfriForum-beheerkamer by SSC-sekuriteit op die hoek van Delarey- en Stellastraat uitteken,” sluit Pretorius af. Mense kan andersins óf vir Patrick Saudrais by 084 710 0792 óf vir Smit by 083 457 8149 skakel om die sleutels af te haal.

Soortgelyke plasings