|

AfriForum se Vryburg-tak woeker voort met volhoubare projek

Die AfriForum-tak in Vryburg woeker steeds voort met die instandhouding van die konsentrasiekamp op hierdie dorp.

Die tak maak maandeliks die perseel skoon deur gras te sny, vullis te verwyder en die bome te snoei.  AfriForum het gedurende die week van 23 Mei weer aandag aan die konsentrasiekamp gegee en die area netjies gemaak.  Dit is vir die tak belangrik om geskiedkundige areas skoon te hou en te bewaar vir die volgende geslagte daarom het hulle onderneem om hierdie area se skoonmaak as ’n volhoubare projek aan te pak.

“Dit is belangrik dat ons ons eie kultuur en erfenis bewaar.  Toekomstige geslagte moet weet waarvoor hul voorvaders baklei het en wat hulle alles moes deurgaan.  Daarom is dit vir ons belangrik om om te sien na die instandhouding van hierdie tipe erfenisgebiede.  AfriForum sal voortgaan om ons erfenis vir die toekoms te bewaar.  Deur hierdie area skoon te maak bewaar ons nie net ons erfenis nie, maar dra ons ook by tot ’n skoner en veiliger gemeenskap,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Die AfriForum-tak in Vrybrug beplan om verskeie projekte in die komende maande aan te pak en wil graag die gemeenskap uitnooi om saam aan hierdie aksies deel te neem.  Besoek gerus “AfriForum Vryburg” op Facebook vir meer inligting oor toekomstige projekte.

Raak vandag nog by AfriForum betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te verbeter: SMS jou naam na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings