|

Wes-Moot tak stel nuwe mobiele kameraprojek bekend

Die AfriForum-tak in die Wes-Moot het op 28 Mei hulle nuwe mobiele kameraprojek bekend gestel by “coffee with a cop”-inisiatief. “Coffee with a cop” is ’n insiatief gereël deur die Hercules-GPF en -SAPD vir die gemeenskap om die lede van hierdie plaaslike polisiekantoor te ontmoet.

Die Wes-Moot-tak het die mobiele kamera aan die gemeenskap bekendgestel wat hoofsaaklik aangewend sal word op misdaadbrandpunte in die area. Hierdie kamerastelsel sal 24 uur per dag gemonitor word deur die AfriForum-tak in die Wes-Moot se beheerkamer.

“Saterdag se byeenkoms het weereens bewys dat daar bereidwilligheid is van baie organisasies om misdaad in die area te bekamp, maar dat die gemeenskap saam met hierdie organisasie hande moet vat om daadwerklik ’n verskil te maak,” sê Johan Liebenberg, inligtingspanleier van AfriForum se Wes-Moot-buurtwag.

Die mobiele kamera vorm deel van die Wes-Moot-tak se statiese kameras wat op strategiese plekke geplaas en gemonitor word. Tydens die toetsfase van hierdie kameraprojek is al verskeie suksesse behaal en waardevolle inligting bekom wat aan die Hercules-SAPD verskaf is.

“Ons versoek die gemeenskap van Wes-Moot om aktief by die tak betrokke te raak. Moniterings of kameraprojekte soos hierdie dien as ’n bewys dat proaktiewe optrede tesame met volhoubare projekte wel ’n oplossing bied om misdaad van die gebied te ontsê. Ons is dankbaar aan elke AfriForum-lid vir hulle bydraes om projekte soos hierdie moontlik te kan maak,” sê Sampie Steinberg, distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Om by AfriForum se Wes-Moot-tak aan te sluit, laai die Telegram-toep af en soek @AfriForumBuurtBot (https://t.me/AfriForumBuurtBot) of SMS “Wes-Moot” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings