TAKSUKSESSE: APRIL 2022

NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA

Groter Moot

  • Die tak se tuinspan het nog ’n lid sterker geword.
  • Die tak het ’n trekker en snyer aangekoop.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD in Villieria kabeldiewe vasgetrek.
  • Die buurtwag het gereeld sigbaarheidspatrollies gehou.
  • Die tak het ’n dorpskantoor ryker geword.
  • Die buurtwag het aan ’n massapatrollie deelgeneem.

Wes-Moot

  • Die buurtwag het ’n operasie saam met die SAPD gehou.
  • Die buurtwag het aan ’n massapatrollie deelgeneem.

Apiesrivier

  • Die buurtwag het kabeldiewe vasgetrek.
  • Die buurtwag het gesteelde vee teruggevind.

Bronkhorstspruit

  • Die buurtwag het suksesvolle sigbaarheidspatrollies gehou.
  • Die buurtwag het ’n gesteelde voertuig opgespoor.
  • Die buurtwag het aan ’n massapatrollie deelgeneem.

Centurion

  • Die tak se tuinspan het Furman-park in Valhalla skoongemaak as deel van AfriForum se neem-’n-plek-aan-ooreenkoms met die munisipaliteit.
  • Die tak se tuinspan is besig met die sortering van items wat onlangs opgetel is en wat deel vorm van Centurion se herwinningsprojek.
  • Die tak het ontvangs geneem van ’n splinternuwe 4 m-dubbelassleepwa om hul take meer doeltreffend uit te voer.
  • Die tak se tuinspan het gras gesny in ’n oop gebied van ongeveer 15 000 m² in Makoustraat, Monumentpark.
  • Die tak se tuinspan het Montaque Kneen-park in Valhalla skoongemaak as deel van AfriForum se neem-’n-plek-aan-ooreenkoms met die munisipaliteit.
  • Die tak se tuinspan het gehelp met die skoonmaak van parkeerterreine met die oog op die MiWay Wally Hayward-marathon in Centurion.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Krugersdorp

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het ’n gesteelde afleweringsmotorfiets opgespoor.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n verdagte op te spoor wat borgvoorwaardes verbreek het.
  • Die tak het in samewerking met die VF Plus slaggate opgevul.

Vanderbijlpark

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • ongelukstoneel op die kleinhoewes buite die dorp.
  • Die buurtwag het hulp verleen by ’n huis op Stefano Park-kleinhoewes ná klagtes van ’n inbraak.
  • Die buurtwag het bystand gelewer ná ’n motorfietsongeluk by die kruising van die dood.
  • Die buurtwag het bystand gebied deur twee verdagtes te arresteer wat besig was om kabels te steel by ’n substasie in Wellsstraat in C.W. 3.  
  • Die buurtwag het hulp verleen deur te reageer op ’n noodroep ná kabeldiefstal by ’n substasie in Faradayboulevard.
  • Die buurtwag het bystand gelewer nadat betogers bande gebrand het op die hoek van Curryboulevard en Langenhovenstraat en sodoende die verkeer blokkeer het.
  • Die buurtwag het bystand gebied nadat kabels by die substasie in Turnerstraat gesteel is.
  • Die buurtwag het hulp verleen ná ’n huisbrand in Louis Trichardtboulevard.
  • Die tak het 386 klagtes rakende kragonderbrekings by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 63 klagtes rakende water- en rioollekkasies by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het drie klagtes rakende verordenings met betrekking tot onwettige blyplekke by die munisipaliteit aangemeld.  
  • Die tak het 1,50 ha gras gesny by kleinhoewes langs die R42 (Barrage-pad) om die inwoners se veiligheid te verbeter.
  • Die tak het 2,85 ha gras gesny by kleinhoewes langs die R54 (Lindequesdrift-pad) om inwoners se veiligheid te verbeter.
  • Die tak het 2,50 ha veld skoongemaak op die hoek van Frikkie Meyer- en Rossiniboulevard.
  • Die tak het 0,78 ha veld skoongemaak op die hoek van Jean Webster- en Edgar Wallacestraat.
  • Die tak het 0,86 ha veld skoongemaak rondom Canvas Clinic en die nabygeleë kleinhoewes.
  • Die tak het 1,25 ha veld skoongemaak op die hoek van De Forest-, Heaviside- en Marconistraat.
  • Die tak het 0,45 ha gras gesny rondom die substasie in Oranjerivierstraat.
  • Die tak het skoonmaakwerk verrig op die hoek van Carter- en Moerdykstraat.
  • Die tak het 2,66 ha gras gesny in ’n veld naby ’n woonbuurt langs die R57.

Heidelberg

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het nege dae lank slaggate opgevul.
  • Die tak het vier dae lank vullis opgetel.

Westonaria

  • Die tak het tien klagtes rakende kragprobleme by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 11 klagtes rakende waterprobleme by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het die munisipaliteit versoek om twee parke skoon te maak.
  • Die tak het agt klagtes rakende rioollekkasies by die munisipaliteit aangemeld.

OOS-RAND

Kempton Park

  • Die tak het die organisasie se heel eerste #MyWoonbuurt-projek in die land geloods. Herstelwerk en instandhouding is gedoen aan die munisipale infrastruktuur in Janina Village. Die tak en gemeenskapslede het 33 slaggate opgevul, twee spoedhobbels geverf, drie ingangshekke opgeknap, drie bome gesnoei, een stormwaterdrein skoongemaak en vier padtekens vervang. In totaal is 38 sakke teer en 75 liter padverf gebruik vir die opknapping en herstelwerk.

Springs

  • Die tak het vroeër vanjaar ’n skrywe aan die Ekurhuleni-metro gerig om hulle in kennis te stel van konstante watervloei langs Grootvleiweg. Die water het die afgelope twee jaar konstant oor die pad gevloei en ’n gevaar vir motoriste ingehou. Die metro het op 1 April ’n tydelike oplossing aangewend om die vloei van water oor die padoppervlak te verminder. Die metro het die tak ook formeel in kennis gestel dat hulle reeds planne in plek het om die probleem permanent op te los.

Alberton

  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en ander veiligheidstrukture in die omgewing misdaad hokgeslaan. Die doel van die operasie was om sigbaarheid te verhoog, huisbrake te verhoed en motoriste wat onder die invloed van alkohol bestuur in hegtenis te neem. Tydens die operasie het die deelnemers patrollie gery en ’n voertuigbeheerpunt (VBP) beman.

Benoni

  • Die tak het verskeie woonbuurte in die dorp skoongemaak. Daar is hoofsaaklik gefokus op ’n beboste kleinhoewe in Orchardsweg, die Ikhaya Da Luz Children’s Safe Haven & Foster Home en die Sinethembe Hope House. Die span het gras gesny, bome gesnoei en rommel opgetel, terwyl instandhouding en herstelwerk ook by die kinderhuise gedoen is.

Germiston

  • Die buurtwag het op twee verskillende persele gesteelde kragkabels teruggevind en die sake vir verdere ondersoek aan die SAPD oorhandig.

MPUMALANGA

Algemeen

  • AfriForum se Mpumalanga-buurtwagte het opleiding in gebeurlikheidsbeplanning op Middelburg ontvang.

Nelspruit

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou.
  • Die Cairn-Burnside-plaaswag het deurlopend patrollies gehou.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD in Nelspruit en verskeie ander veiligheidsrolspelers aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het in samewerking met WeCare4Nelspruit meer as 50 slaggate opgevul.
  • Die buurtwag het tydens patrollies met verkeerbeheer en toneelhantering op verskeie ongelukstonele gehelp.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD talle arrestasies gemaak.

Witrivier

  • Die buurtwag het voortdurend patrollies gehou.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Lydenburg

  • Die buurtwag het voortdurend patrollies gehou.
  • Die buurtwag het tydens patrollies op verskeie ongelukstonele met verkeerbeheer en toneelhantering gehelp.
  • Die buurtwag het gehelp met die opspoor van ’n gesteelde Toyota Land Cruiser.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het opleiding in toneelhantering ontvang; die SAPD op Lydenburg se forensiese eenheid het die opleiding aangebied.

Belfast

  • Die tak se noodwaterpunte het suksesvol gefunksioneer tydens watertekorte in die dorp.
  • Die tak het weekliks tien asblikke gediens om die dorp se netheid te verbeter.
  • Die tak het ’n rioolverwante aanmaning aan die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit gerig.

Machadodorp

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het gehelp met die aan- en afskakel van pompstasies in die dorp tydens watertekorte.

Malelane

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • ’n Buurtwaglid het hommeltuigopleiding ontvang.

Dullstroom

  • Die tak het insette gelewer tydens ’n plaaslike brandgevaarvergadering.
  • Die tak het ’n skenking ter waarde van R25 000 ontvang wat aangewend moet word om die nuutgestigte tak ’n hupstoot te gee om projekte in die dorp van stapel te stuur.

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan deur die gemeenskap gebruik word indien die dorp se watertoevoer onderbreek word.
  • Die tak se groentetuinprojek het voorsien in die behoeftes van verskeie organisasies en tehuise in Bethal en omliggende dorpe.
  • Die tak en Skipgo Teksa diens weekliks 30 vullisdromme in die dorp.
  • Die tak het gehelp om die gras rondom die Nestlé-brug te sny.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die buurtwag het bystand gebied op verskeie ongelukstonele.
  • Die buurtwag het twee hommeltuigvlieëniers opgelei.
  • Die buurtwag het ’n nuwe hommeltuig ontvang.

Ermelo

  • Die buurtwag het in samewerking met Mpumalanga Veiligheid ’n begraafplaaspatrollie geloods.
  • Die tak het die begraafplaas skoongemaak in samewerking met Spartan Training.
  • Die tak het J.J. Preprimêr se nuwe hemde geborg.
  • Die tak het ’n lewensgevaarlike elektriese verbinding voor ’n skool beveilig.
  • Die tak het voedsel aan behoeftige organisasies geskenk.

Witbank

  • Die tak het sy skoleveiligheidsprojek voortgesit deur verkeerstrepe te verf en verkeerstekens te vervang voor talle skole in Witbank.
  • Die tak het ’n projek by Huis Betsie Louw voltooi waartydens verbeteringe aan die geboue aangebring is.

Delmas

  • Lede van die Delmas Valke-buurtwag het opleiding ontvang.

Middelburg

  • Die tak het nuwe toerusting ontvang.
  • Die buurtwag het nuwe toerusting ontvang.
  • Die tak het ’n projek by die kinderkonsentrasiekampbegraafplaas geloods.

Standerton

  • Die tak het as deel van AfriForum se nasionale monumentouditprojek die Voetsporemonument skoongemaak.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n reuseverkeersopeenhoping oor Paasnaweek te reguleer en op te klaar.

LIMPOPO

Nylstroom

  • Danksy volgehoue druk deur die plaaslike tak – en in samewerking met AfriForum-hoofkantoor – is ’n onwettige mynaansoek teruggetrek binne twee dae vandat dit ingedien is.

SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Bo-Karoo

  • Die Orania-buurtwag en Strydenburg-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die AfriForum Jeug-tak in die Bo-Karoo het in samewerking met Orania Veiligheidsdienste (OVD) en gemeenskapslede ’n massapatrollie in die omgewing van Orania uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep.
  • Die tak het deur die loop van die maand twee vragte voer van ongeveer 30 ton elk aan boere in die Hopetown- en Vosburg-omgewing geskenk en versprei in samewerking met die Douglas Jongboervereniging.
  • Die tak het in samewerking met die Orania Landbouvereniging ongeveer 60 inskrywings ontvang vir Groentjies, ’n groentetuinkompetisie vir wintergewasse, wat amptelik op 30 April afgeskop het.
  • Die tak het ’n nuwe bestuur verkies.

Delportshoop

  • AfriForum het ’n tak in Delportshoop gestig.

Kimberley

  • Die Kimberley-buurtwag en Modderrivier-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het gereeld vullis verwyder en druk op die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen om weer vullisverwyderingsdienste in die stad te hervat.
  • Die tak het die stad se watergehalte getoets.
  • Die tak het met die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit vergader oor probleme wat lede met dienslewering ervaar.

Vaalharts

  • Die buurtwag het in samewerking met Hartswater Crime Watch deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Kamiesberg

  • Die tak het die afgelope maand drinkwatermonsters geneem en laat toets om vas te stel of dit vir menslike gebruik geskik is.
  • Die tak het die afgelope maand baie druk op die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit geplaas rakende drie boorgate wat buite werking is. Die munisipaliteit is wel besig om hierdie boorgate se pompe te herstel.
  • Die tak het gereeld Kamieskroon se strate skoongemaak deur vullis op te tel en dit na die vullisterrein weg te ry.
  • Die tak het baie druk op die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit geplaas oor sowel die watertekort as die paaie se haglike toestand.

Kathu

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig; 34 buurtwaglede het die afgelope maand 2 800 km afgelê.
  • Die tak het gereeld Fit-It se parkeerterrein skoongemaak en die bome wat taklede in die parkeerterrein aangeplant het, natgelei.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig; buurtwaglede het ook aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het weekliks die dorp se hoofstraat en waterwiel – wat tot ’n nasionale monument verklaar is – skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery. Taklede het ook terselfdertyd gras gesny en beddings skoongemaak.
  • Die tak betaal maandeliks ’n vrou wat daagliks die badkamers by die waterwiel skoonmaak.
  • Die tak het gras gesny, bome gesnoei en vullis opgetel by twee parke in die dorp.
  • Die tak het baie druk op die munisipaliteit geplaas deur kommentaar met betrekking tot die geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) in te dien.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het kennisgewingborde by die Hoërskool Keimoes en die waterwiel vervang.

Kuruman

  • Die Kuruman- en Bankhara-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig; buurtwaglede het ook aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het deurlopend druk op die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit geplaas rakende water- en rioolprobleme in die dorp, asook die haglike toestand van die dorp se paaie.
  • Die tak het die laer- én hoërskool beveilig deur bome te snoei en gras te sny waar rowers moontlik kan wegkruip.
  • Die tak het daadwerklike stappe teen die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit geneem oor die “bloedwater”-sage.

Springbok

  • Die tak het ’n park skoongemaak, asook die strate rondom die park, en die vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het druk op die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit geplaas oor water- en kragprobleme wat in die dorp ondervind is.
  • Die tak het druk op die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen oor die haglike toestand van die dorp se paaie.
  • Die tak het R10 000 geskenk vir die aankoop van brandstof om te help met die bestryding van die sprinkaanplaag in die Noord-Kaap.
  • Die tak het samesprekings met die plaaslike speaker en burgemeester gehou oor die GOP ten einde insette te kry oor die tragiese verval van die dorp.

Upington

  • Die tak het vullis opgetel en bome gesnoei voor die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit se kantore in Dr. Nelson Mandelarylaan.
  • Die tak het in samewerking met die DA ’n duikweg skoongemaak.
  • Die tak het deurlopend aandag gegee aan gebarste varswaterpype en dit by die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het deurlopend aandag geskenk aan die rioolprobleme in die dorp en dit by die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek by die Kalahari-winkelsentrum gehou en vullis na die vullisterrein weggery.

Williston

  • Die tak het die dorp se hoofstraat skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery.           

OOS-KAAP

Elliot

  • Die tak het deurlopend vullis verwyder en druk op die Sakhisizwe Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen om weer vullisverwyderingsdienste in die dorp te hervat.

Cradock

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Gamtoosvallei

  • Die Sondagsriviervallei-buurtwag en Gamtoosvallei- en Kirkwood-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Kirkwood- en Addo-buurtwag het hul onderskeie gebiede beveilig tydens die Kirkwood-onluste.
  • Die Gamtoosvallei-tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die Sondagsriviervallei-buurtwag en Gamtoosvallei- en Kirkwood-plaaswag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Jeffreysbaai

  • Die buurtwag het hul eerste buurtwagvergadering gehou en ’n aanbieding van WeVerify bygewoon.
  • Die tak het veiligheidstoerusting in ontvangs geneem.

Oos-Londen

  • Die tak het opleiding in finansies ontvang.

Port Elizabeth

  • Die Walker Drive-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Walker Drive-buurtwag het bande met die SAPD versterk deur opleiding in misdaadtoneelhantering by te woon wat deur die SAPD aangebied is.
  • Die tak het paaseiers aan minderbevoorregte kinders en bejaardes uitgedeel, waaronder by Linda’s Care Centre en Sherwood Rus-ouetehuis.
  • Tydens die Kirkwood-onluste het die Walker Drive-buurtwag twee spanne van ses lede elk ontplooi om die Kirkwood-buurtwag by te staan.
  • Die tak het twee vullisterreinoudits (in Koedoeskloof en Arlington) uitgevoer.
  • Die Walker Drive-buurtwag het veiligheidstoerusting in ontvangs geneem.
  • Die Walker Drive-buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

WES-KAAP

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Helderbergkom

  • AfriForum se Besigheidsbytjies-span het die Laerskool Somerset-Wes besoek as deel van dié entrepreneurskompetisie se bemarkingstoer. Raising Brightness, ’n borg van die kompetisie, toer saam met AfriForum om hul boek Bou ’n Besigheid bekend te stel.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • AfriForum se Besigheidsbytjies-span het die Laerskool Gene Louw, die Laerskool Durbanville en die Hoërskool Durbanville besoek as deel van dié entrepreneurskompetisie se bemarkingstoer. Raising Brightness, ’n borg van die kompetisie, toer saam met AfriForum om hul boek Bou ’n Besigheid bekend te stel.

Langebaan

  • AfriForum en AfriForum Jeug se Weskus-tak het moue opgerol en ’n skoonmaakprojek in samewerking met die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) op die strand by Spreeuwalle aangepak.

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Overstrand

  • Die Stanford- en Hemel-en-Aarde-plaaswag en die Alfa-, Fisherhaven- en Pearly Beach-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • AfriForum se Besigheidsbytjies-span het die Laerskool Hermanus besoek as deel van dié entrepreneurskompetisie se bemarkingstoer. Raising Brightness, ’n borg van die kompetisie, toer saam met AfriForum om hul boek Bou ’n Besigheid bekend te stel.

Vredendal

  • Die Holrivier-, Koekenaap-, Vredendal-, Spruitdrif-, Lutzville-, Kleinrivier-, Nuwerus- en Trawal-plaaswag en die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

George

  • Die Geelhoutboom-plaaswag en Hoekwil-plotwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • ’n Lid van die Hoekwil-plotwag het opleiding ontvang om as ’n hommeltuigvlieënier te kwalifiseer.
  • Drie van die tak se veiligheidstrukture het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem en goeie suksesse behaal, wat arrestasies insluit.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig; buurtwaglede het ook aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Kaap Agulhas

  • Die tak het hul opgraderingsprojek van die sportkleedkamers voltooi en die kleedkamers tydens die eerste rugbywedstryd van die seisoen oorhandig.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het die Groot Brakrivier-buurtwag gestig.
  • Die tak het ’n uiters suksesvolle #VegEnBou-week aangebied.
  • Die Herbertsdale-plaaswag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Oudtshoorn

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig; buurtwaglede het ook aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Robertson

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Swellendam

  • Die tak het nóg ’n skrywe aan die Swellendam Plaaslike Munisipaliteit oorhandig om AfriForum se misnoeë uit te spreek oor die munisipaliteit se weiering om die organisasie toe te laat om ’n vullisterreinoudit uit te voer.

SENTRAALSTREEK

NOORDWES

MOOIRIVIER

Algemeen

  • Al die AfriForum-buurtwagte in die Mooirivier-distrik het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Hartbeesfontein

  • Die buurtwag het ongeveer 40 patrollies deur die loop van die maand gehou en gereeld verdagte persone, verdagte voertuie, gesteelde vee en so meer aangemeld.
  • Die buurtwag het in samewerking met ander instansies die plaaslike kleuterskool besoek om hulle meer oor veiligheid te leer.
  • Die buurt- en plaaswag het bystand gebied met die agtervolging van ’n verdagte voertuig.

Klerksdorp

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek by die voëlpark gehou.
  • Die buurtwag se lugvleuel het hul hommeltuig gebruik om verdagtes te help opspoor.

Potchefstroom

  • Die buurtwag het daagliks patrollies gehou; altesaam 197 aktiewe patrolleerders het 224 patrollies tussen 23 Maart en 22 April gery. Altesaam 7 630 km is in 817 manure afgelê.
  • Die tak het met die munisipaliteit vergader rakende talle kwessies met betrekking tot plaaslikeregeringsake.
  • Die tak het deur die loop van die maand 125 m² se slaggate met 385 sakke teer opgevul.
  • Die tak het aan AfriForum se monumentouditprojek deelgeneem.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het konstant druk op die munisipaliteit geplaas om oplossings vir probleme in die dorp te vind.
  • Die buurtwag het deur die loop van die maand 180 patrollies gehou waartydens 6 650 km afgelê is.
  • Die buurtwag het die SAPD bygestaan met talle arrestasies.
  • Die buurtwag het talle voorvalle hanteer waar die SAPD nie kon nie.

Orkney

  • Die buurtwag het ’n nuwe bestuur verkies.

Ventersdorp

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou.
  • Die tak het deur die loop van die maand 3 ton vullis wat onwettig in die dorp gestrooi is, opgetel en weggery.

Wolmaransstad

  • Die buurtwag het daagliks patrollies gehou.
  • Die tak het ’n petisie van stapel gestuur teen die gebrek aan dienslewering deur die munisipaliteit en het dit ook met die munisipale bestuurder bespreek tydens ’n vergadering. Probleme wat tot slaggate aanleiding gee is aan haar uitgewys, terwyl die munisipaliteit ook begin het om stormwaterkanale skoon te maak ná druk deur AfriForum.  

HOOGLAND

Algemeen

  • Die AfriForum-buurtwagte in die Hoogland-distrik het in samewerking met die SAPD, plaaslike GPF’s, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep. 62 patrolleerders het in 45 voertuie daaraan deelgeneem en 987 km afgelê. Die volgende buurtwagte het aan die patrollie deelgeneem: Bethlehem, Harrismith, Welkom, Wesselsbron, Odendaalsrus, Ventersburg, Bultfontein, Winburg en Steynsrus.
  • Al die AfriForum-buurtwagte in die Hoogland-distrik het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Frankfort

  • Die hof het met betrekking tot die saak oor die Mafube Plaaslike Munisipaliteit beslis dat verpligte provinsiale ingryping moet plaasvind en ’n finansiële herstelplan geïmplementeer moet word.

ROSESTAD

Algemeen

  • Al die AfriForum-takke in Bloemfontein het verskeie projekte aangepak, waaronder skoonmaakaksies, vullisverwydering, instandhouding van parke en die ontstopping van stormwaterdreine.

Wilgehof  

  • Die tak het kontrakteurs aangestel om ’n skoonmaakprojek te behartig.
  • Die tak het in samewerking met Gardenia Woonbuurtassosiasie, die plaaslike GPF en gemeenskapslede die veld langs die treinspoor skoongemaak.

Pellissier

  • Die tak het kontrakteurs aangestel om ’n skoonmaakprojek te behartig.
  • Die tak het in samewerking met Anchor of Hope ’n volhoubare skoonmaakprojek by die AfriForum-parkie van stapel gestuur.

Fichardtpark

  • Die tak het kontrakteurs aangestel om ’n skoonmaakprojek te behartig.
  • Die buurtwag het gehelp met die arrestasie van ’n beweerde selfoondief.
  • Die buurtwag het bystand verleen nadat ’n lid van die publiek ’n vuurwapen op nooddienspersoneel gerig het tydens ’n ongeluk.
  • Die buurtwag het ’n bewusmakingsprojek saam met sekuriteitsdienste van stapel gestuur.           

Hospitaalpark

  • Die tak het kontrakteurs aangestel om ’n skoonmaakprojek te behartig.

Uitsig

  • Die tak het kontrakteurs aangestel om ’n skoonmaakprojek te behartig.
  • Die buurtwag het ’n bewusmakingsprojek saam met sekuriteitsdienste van stapel gestuur.

Langenhovenpark

  • Die tak het kontrakteurs aangestel om ’n skoonmaakprojek te behartig.
  • Die tak het ’n volhoubare roosboomprojek aangepak en Du Plessisstraat skoongemaak.
  • Die tak het ’n trekker en snyer gebruik om lang gras in verskeie velde te sny.
  • AfriForum se kontrakteurs het gehelp met die instandhouding en netheid van verskeie velde en parke in die woonbuurt.

Rayton-Heuwelsig

  • Die tak het talle volhoubare projekte van stapel gestuur, waaronder die instandhouding van die speelpark in Lucas Steynweg, asook die instandhouding van die park en veld in David Bothasingel. Anchor of Hope behartig hierdie projekte namens die tak.
  • ’n Nuwe volhoubare skoonmaakprojek is in samewerking met CityRun in Reyneckelaan geloods.

Bloemfontein-Noord en Bloemfontein-Noord Landelike Buurtwag

  • Die tak het hulp verleen op ’n ongelukstoneel; agt ander ongelukke het in dieselfde week op daardie spesifieke plek plaasgevind weens slaggate in die pad. Danksy druk op die Departement van Paaie is dié slaggate uiteindelik opgevul.
  • Die tak het ’n samewerkingsooreenkoms met die Vrystaatse Provinsiale Nooddienste gesluit. Tweerigtingradio’s is geïnstalleer om mekaar by te staan tydens ongelukke en ernstige voorvalle.
  • Die tak het volhoubare skoonmaakprojekte by die President Brand-begraafplaas en die Brits-monument by die Ou Presidensie gehou.
  • Die tak het volhoubare vullisverwyderingsdienste aan taklede gelewer wat vir vullisverwydering geregistreer het.

KWAZULU-NATAL

Algemeen

  • Die meeste van die AfriForum-takke in KwaZulu-Natal was druk besig ná die onlangse oorstromings in dele van die provinsie, terwyl die takke wat nie in vloedgeteisterde gebiede geleë is nie ingespring en noodsaaklikhede vir slagoffers ingesamel het.
  • Al AfriForum se takke het gemeenskappe bygestaan wat deur oorstromings geraak is.
  • AfriForum se takke het fondsinsamelingsprojekte gehou om fondse te genereer wat gebruik sal word om gemeenskappe by te staan wat deur oorstromings geraak is.

Richardsbaai

  • Die tak het voorstelle vir die jaarlikse geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) by die uMhlathuze Plaaslike Munisipaliteit ingedien. Hierdie voorstelle is gemaak om die beskadigde en vervalle ablusiegeriewe en die gebou wat lewensredders as uitkykpunt by Alkantstrand gebruik, te herstel en op te gradeer.

Pongola

  • Die tak se opgraderingsprojek by die plaaslike vliegveld vorder goed.
  • Die tak het vyf waterlekkasies en sewe rioolverwante probleme by die munisipaliteit aangemeld wat uiteindelik herstel en aangepak is.
  • Die tak het GOP-voorstelle by die munisipaliteit ingedien.
  • Die tak het ’n onwettige sportsentrumontwikkeling teengestaan.

Paulpietersburg

  • Die tak is besig om kaartwerk te doen vir kaart- en terreinwaardering.
  • Die tak het gebeurlikheidsplanne in plek gestel.
  • Die tak het 15 proaktiewe patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Vryheid

  • Die tak het verskeie patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Utrecht

  • Die tak het benodighede ingesamel om inwoners van die vloedgeteisterde dele in KwaZulu-Natal by te staan.

Margate

  • Die tak het hand bygesit ná die oorstromings deur inwoners te beveilig en paaie te herstel.

Amanzimtoti

  • Die tak was betrokke by die gemeenskap ná die oorstromings en het met noodverligting gehelp.

Hluhluwe

  • Die tak het GOP-voorstelle aan die munisipaliteit oorhandig tydens ’n openbare vergadering in die dorp.
  • Die tak het aan verskeie gemeenskapsveiligheidsprojekte deelgeneem.

Soortgelyke plasings