AfriForum se Waverley-en-Moot-jeugstruktuur verbeter hul omgewing


AfriForum se Waverley-en-Moot-jeugstruktuur het op Saterdag 16 Maart ’n skoonmaakaksie in die Waverley- en Moot-omgewing geloods. Die jeugstruktuur het met die hulp van die gemeenskap Codonialaan in Waverley (hoofsaaklik voor Checkers) skoongemaak en papiere opgetel.

“Ons beplan om een só ’n skoonmaakaksie per maand af te handel sodat ons die omgewing skoon kan maak en hou. Daardeur kan ons ook die inwoners op hul omgewing trots maak sodat hulle dit skoon kan hou,” sê Wietse van der Westhuizen, AfriForum se jeugportefeuljevoorsitter vir die Waverley-tak.
“Dit is wonderlik om te sien hoe die jeug skouer aan die wiel sit om hul omgewing skoon te maak,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria.

Gemeenskapslede kan by AfriForum betrokke raak: SMS “Waverley” na 45341 (R1) of e-pos lambert.deklerk@afriforum.co.za.

Soortgelyke plasings