|

AfriForum se Piet Retief-jeugvleuel handel restourasieprojek af

Die jeugvleuel van AfriForum se Piet Retief-tak het op 16 Oktober 2021 die kruis langs die N2 teruggeplaas nadat die kruis in September verwyder is sodat dit gerestoureer kon word.

Die jeuglede het die kruis afgeskuur en oorgeverf en ’n nuwe lig is ook op die kruis geïnstalleer. HP Steel and Engineering het ’n trok en hyskraan beskikbaar gestel om die kruis af te laai en het saam met die jeuglede en FAF Engineering die kruis geïnstalleer.

“Ons is trots op die lede wat vrywillig tyd ingesit het om hierdie projek te voltooi. Dit is inderdaad ’n baken van hoop in die gemeenskap,” sê Louis Malan, voorsitter van AfriForum se Piet Retief-tak.

Sluit vandag nog by AfriForum aan: SMS jou naam na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings