AfriForum se Kraaifontein-buurtwag in samewerking met SAPD vind 16 sakke marijuana


’n Suksesvolle voetpatrollie deur die bosse aan die agterkant van die Goliath Landgoed in Kraaifontein het 16 sakke marijuana opgelewer. Die voetpatrollie is op Saterdag 26 Mei 2018 deur AfriForum se Kraaifontein-buurtwag in samewerking met ander buurtwagte, die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se berede-eenheid en sekuriteitsmaatskappye uitgevoer.
André Theron, voorsitter van AfriForum se Kraaifontein-buurtwag, het sy dank teenoor alle betrokke partye uitgespreek.

“Dit was wonderlik om die spanwerk – en die bereidwilligheid om saam te werk – te sien,” sluit Theron af.

Soortgelyke plasings