|

AfriForum se Weskus-tak bou vir ’n groener toekoms

AfriForum se Weskus-tak het op 25 November sowat 40 kusvaalbosse (Brachylaena discolor) by die Langebaan Animal Care geplant.

AfriForum plant jaarliks duisende bome om ook die gemeenskap bewus te maak van die belangrikheid van bome en die rol wat dit in die ekologiese omgewing speel.

“Dit was lekker om te sien hoe ywerig almal ingespring en help plant het om op hierdie manier ook ’n verskil te maak en ’n bydrae tot volhoubare omgewingsbestuur te lewer,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder in die Boland.

“Die kusvaalbos is bekend daarvoor dat dit ’n vinnig-groeiende boom is en die diere sowel as die besoekers sal sommer binnekort die skaduwee van dié bome kan geniet,” sluit Van Heerden af.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by die projek betrokke te raak en deel te word van ’n vooruitstrewende en groener toekoms. SMS “Weskus” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings