|

AfriForum-tak in Klerksdorp kry nuwe bestuur

Die AfriForum-tak in Klerksdorp het op 27 Januarie 2022 ’n nuwe bestuur aangewys uit die nominasies wat aanlyn van lede ontvang is. Die nuwe bestuur bestaan uit: Frans Roos (voorsitter en plaaslikeregeringsake), Johnny Parsons, (ondervoorsitter en projekbestuurder), Coleen Wallis (sekretaresse), Esmari Greyling (tesourier), Henry Peens (omgewingsake), Joey van der Walt (bemarking en kommunikasie), Theo Gresse (veiligheid) en Anton Oosthuizen (veiligheid). Die buurtwagleiers is Jakkals Hartman, Henry Peens, Richard Cronje en Francois Coetzee.

Die nuwe span is besig met beplanning vir die jaar wat voorlê en daar is baie aksies en projekte in die pyplyn. Die slaggatprojek is reeds in volle swang en veiligheid is ook hoog op die tak se prioriteitslys.

“Dit is baie lekker om ’n vol span met soveel entoesiastiese mense te hê. Ek glo dat ons heerlik gaan saamwerk en baie gaan bereik,” sê Roos.

“Hierdie is ’n formidabele span en ek sien daarna uit om saam met hulle te werk en om die verskil wat hulle gaan maak, te aanskou,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier. 

Inwoners wat by die tak se bedrywighede betrokke wil raak, kan vir Roos skakel by 083 378 8826. Sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS “Klerksdorp” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings