|

AfriForum se Witbank-tak beveilig paaie rondom skole

Die AfriForum-tak in Witbank het die afgelope maand reeds verskeie padtekens rondom Laerskool Taalfees en Robert Carruthers School oorgeverf sodat dit weer duidelik sigbaar is.

Hierdie projek is van stapel gestuur om die gebied rondom die skole te help beveilig aangesien die spoedhobbels nie duidelik gemerk was nie en die voetoorgange ook dof begin raak het. Dit het ’n groot gevaar ingehou vir skoolkinders wat bedags van die oorgange gebruik moes maak en het ook motoriste se voertuie beskadig as hulle die hobbels nie betyds in die aand gesien het nie en met ’n spoed oor die hobbels gery het.

Verder is die stoptekens op die pad weer duidelik geverf en die tak beoog om in fase twee van die projek padtekens te vervang wat ontbreek.

“Ons kinders se veiligheid is vir ons uiters belangrik en daarom het ons dié projekte van stapel gestuur,” sê Alf Friess, voorsitter van AfriForum se Witbank-tak.

Sluit vandag nog by AfriForum se Witbank- tak aan: SMS “Witbank” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings