|

AFRIFORUM SE WITRIVIER-BUURTWAG ONTVANG OPLEIDING

AfriForum se Witrivier-buurtwag het op Saterdag 22 Mei 2021 ’n kursus in die gebruik van basiese handwapens voltooi.

Die doel van die opleiding is om die bevoegdheid van AfriForum se patrolleerders deurgaans te verbeter en op te skerp. Hierdie tipe opleiding vind op verskeie terreine deur die loop van die jaar plaas. Dit verseker dat ons lede meer bevoeg is en korrek volgens die wet kan optree wanneer hulle help om gemeenskappe te beveilig.

“Ons is dankbaar dat ons hierdie opleiding kan ontvang. Dit help ons om paraat te bly en dien ook as ’n goeie spanbou-aktiwiteit. Ons moet goed as ’n groep kan saamwerk om situasies wat mag opduik te kan hanteer,” sê Johan Pelser, leier van die Witrivier-buurtwag.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by die buurtwag betrokke te raak en te help om ’n veilige toekoms te skep. SMS jou naam na 45350 en sluit aan by AfriForum.

Soortgelyke plasings